EK is tans besig met die finale fase van Wellington Rugbyklub se geskiedenis.
Ons soek egter nog gesigfoto’s van vyf van die klub se oud-spelers wat vir Boland gespeel het. As enige leser van Paarl Post my tot hulp kan wees, sal dit baie waardeer word.
Drie van die spelers is manne wat betreklik onlangs gespeel het: Tinus du Plessis (1985), Charl de Villiers (1992) en Jaco Coetzee (1995). Die ander twee is Pierre Hugo (1940) en Hendrik Harmse (1950).
My kontakbesonderhede is 021-919-4914, 076-3070 -133 en e-pos paul.theron@telkomsa.net as iemand kan help.Paul Theron