Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nepotisme in aanstellings by munisipaliteit

Nepotisme in aanstellings by munisipaliteit
 
2010-07-01


'n TYD gelede het die Paarl Post berig oor my klagte oor nepotisme by aanstellings.

Ek het persoonlik met die hoof van menslike hulpbronne vergader en die volgende feite het na vore gekom:

1. Op die grondvlak/algemene werkersvlak is daar te min blanke werkers. Die verweer van HR bestuur is dat blanke mense nie aansoek doen nie, dus kan hulle nie aangestel word nie.

2. Dit is algemene reëling by die munisipaliteit dat algemene werkers uit die publiek uit aangestel kan word as hulle by kortlys-onderhoude is en ’n interne kandidaat kry ’n hoër pos.

3. Publieke lede wat aansoek gedoen het vir algemene werk word nie dadelik gekeur nie, bv kandidate wat in 2009 aansoek gedoen het, sal eers laat in 2010 in aanmerking kom.

4. Ten opsigte van nepotisme van families en unielede se kinders is die volgende deur die HR bestuurder genoem:

• Geen unie- of familielede se mense word voorgetrek nie.

• Geen politieke lede se families kry voorkeur nie.

• Name waar dit wel gebeur het, is aan haar voorgelę, en sy het gesę dat dit nie genoeg bewyse was nie.

• Die publiek moet vir haar konkrete bewyse voorlę van senior superintendente/superintendente wat kandidate bevoordeel.

My versoek aan die publiek is dat alle inligting oor families, vriende en unielede se kennisse/verwante wat bevoordeel was tussen 2005 tot 2010 aan my ge e-pos word by drakmuncorrupt @yahoo.com.

Dit sal ook waardeer word as lede van die publiek vir ons kan aandui vir watter betrokke poste hulle aansoek gedoen het, sodat ’n deeglike forensiese oudit van poskwalifikasies gedoen kan word.

Alle inligting sal konfidensieel gehanteer word.

Die afsnydatum vir inligting is 15 Julie.

Ek wil u verseker dat eksterne agentskappe met wie ek alreeds in gesprek is hierdie ondersoeke sal hanteer.

Anti-nepotisme

in Drakenstein




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za