Frustrasie by Hoofstraat-padwerke
2010-07-01
EK pendel daagliks tussen Wellington en Paarl en moes die afgelope week bykans elke aand in lang rye staan en wag om vanaf Wellington in die Paarlse Hoofstraat by Noorder-Paarl in te kom. Die kersie op die koek was Donderdagaand 24 Junie toe ons ’n halfuur moes staan en wag. Die rede… padwerke in die Hoofstraat. Kan die padkontrakteurs nie beter beplanning doen en hierdie take verrig wanneer dit nie spitsverkeer is nie? Dit mag wel skoolvakansie wees, maar almal is beslis nie met vakansie nie! Moeg gewag Die munisipale skakelbeampte, May Carolissen, reageer: Die werke vind juis plaas in die skoolvakansie terwyl daar minder verkeer is. Ons wil die werk so spoedig moontlik voltooi om ongerief vir die publiek te beperk en werk dus voluit terwyl die goeie weer voortduur. Ons vra om verskoning vir enige ongerief en bedank ons publiek vir hulle geduld. Ons is seker dat die verbetering in padoppervlakte ’n baie groter bate sal wees as die bietjie ongerief wat ons nou moet verduur totdat die werke voltooi is.
More
News
|