Hou tog net op kerm!
2010-07-01
DIE 2010 Węreldbekersokker is ’n baie belangrike gebeurtenis in ons land, en as plaaslike regering wil ons graag verseker dat almal toegang het om die wedstryde in ’n veilige en gerieflike omgewing te kyk. Die sokker “Fan Park” is deel van sportpromosie op plaaslike vlak en natuurlik word spesiale gaste genooi om Drakenstein verder te bemark. Ja, daar word voorsiening gemaak om gaste te onthaal. Alle onthale word beperk volgens die reëls van die munisipaliteit. Deetlefs du Toit praat so van die belastingbetalers se geld wat glo misbruik word by die jolkol, maar wanneer betaal hy die regskoste terug aan Drakenstein Munisipaliteit vir die hofsaak wat hy en die DA verloor het, wat ook belastingbetalers se geld is? Deetlefs beweer dat daar “ernstige fout” in die stelsel is. As Drakenstein Munisipaliteit, kan ons trots wees op die bestuur van hierdie plaaslike regering. Dit lyk asof Deetlefs aan geheueverlies ly, want vir die afgelope drie jaar wat die ANC in beheer van die Drakenstein Munisipaliteit is, het ons elke jaar ’n skoon ouditeursverslag. Dit sal die DA en Deetlefs baat om op te hou kerm en te konsentreer op menswaardige dienslewering. MW Nothnagel (onderburgemeester)
More
News
|