Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oorsaak van skuld nie aangespreek nie

Oorsaak van skuld nie aangespreek nie
 
2005-09-22


SOVER my kennis strek, is die huidige skuldlas van Drakenstein meer as R100 miljoen. Die Burgemeester se oplossing vir hierdie probleem is skuldafskrywing.

Maar die grondliggende oorsake van hierdie skuldlas word nie deur blote skuldafskrywing aangespreek nie.

’n Ware pro-armes begroting bevat inisiatiewe wat die armste inwoners van Drakenstein in staat stel om gereelde betalende verbruikers van munisipale dienste te word. En ’n ‘lotto’-prystrekking maak boonop hiervan ’n spektakel.

Onder leiding van die huidige burgemeester is miljoene rand gespandeer op oorsese reise, ’n ampsmotor, aanbouings en uitbreidings by die burgersentrum, salarisse en personeelaanstellings om die burgemeester, die Speaker en die lede van die Uitvoerende Komitee se werk te doen en ’n totaal onbekostigbare en oorhaastige departementele transformasieproses.

Maar broodnodige inisiatiewe om groei en investering in Drakenstein aan te moedig, sodat werk geskep kan word vir die daagliks toenemende getalle werklose armes in Drakenstein, is duidelik nie die Burgemeester se belangrikste prioriteit nie.

Tipies van ’n regeringsproses waarmee die burgers van Suid-Afrika nou al goed bekend is, is onder die huidige Burgemeester tonne papierbeleid geproduseer, miljoene gespandeer op konsultante/verslae, personeelaanstellings oral gedoen behalwe in daardie departemente waar die werklas die dienslewering ooglopend benadeel en infrastruktuur sodanig verwaarloos, dat krisis-bestuur deesdae aan die orde van die dag is.

Tekenend van die huidige situasie is gedurige munisipale kapasiteitsprobleme, ernstige besoedelingsprobleme, kritieke verwaarlosing van infra-struktuur, die ooglopende agteruitgang van die Paarl se sentrale sakedeel, die onvermoë om die smousprobleem daadwerklik aan te spreek en munisipale wetstoepassing suksesvol toe te pas.

Nee wat, wie ook al die Burgemeester en sy Uitvoerende Komitee se duurbetaalde beeldpoetser is, moet liewer nie die armstes van die armes, soos soveel keer in die verlede, polities misbruik ter wille van die komende derdevlak munisipale verkiesing nie.

Jean Smit (DA raadslid)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za