Groot belangstelling in nuwe ontwikkeling
2010-07-08
Daar was groot belangstelling onder potensiële huiskopers toe die Green Valley eiendomsontwikkeling by die Huguenot Gemeenskapsentrum in die Paarl bekend gestel is.
Meer as 80 mense het die bekendstelling bygewoon en 34 gekwalifiseerde kopers het reeds die koopproses aan die gang gesit.
Die eksklusiewe sekuriteitsontwikkeling bied gehalte-afwerkings en 24-uur sekuriteit. Dit is uiters geskik vir eerste huiskopers en pryse wissel van R370 000 tot R480 000. Altesame 192 moderne twee- en drieslaapkamerhuise word beplan.
Belangstellendes kan die bemarkers, Petrie (082-771-0932), Hein (082-450-8283) of Johene (083-640-5945) skakel. Geïdentifiseerde kopers sal ook elke twee weke uitgenooi word om bekendstellingsgeleenthede by te woon.
More
News
|