Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaasgesondheidsprojek baie suksesvol

Plaasgesondheidsprojek baie suksesvol
 
2010-07-08


DIE landbouprodusente in die Wes-Kaap besef hoe belangrik dit is om aan hulself en hul werkers se gesondheid aandag te gee.

Dit was dus onlangs verblydend om te sien hoe werkers van Lanquedoc-plaas in die Paarl hulself vrywillig laat toets het vir chroniese en dodelike siektes soos TB, HIV/Vigs, diabetes en, hipertensie.

Die werkers het aan die Plaasgesondheidsprojek deelgeneem wat deur die Stellenbosch Hospice aangebied word, met die uitsluitlike doel om vroeë tekens van hierdie siektes op te tel sodat dit betyds behandel kan word.

Die toetse word gratis deur Hospice, met die ondersteuning van organisasies soos PEPFAR-USAID en die Anova Health Institute, gedoen.

Die aanbieders besef hoe emosioneel hierdie toetse en veral die uitslag daarvan kan wees, daarom word daar eers ’n musiekdrama deur die Universiteit van Stellenbosch opgevoer om die feite en realiteite van HIV/Vigs en TB aan die werkers oor te dra.

Die opvoering word op ’n humoristiese wyse aangebied en is hoogs suksesvol deurdat dit die emosionele impak van die toetse en uitslag versag.

Opgeleide beraders maak seker dat elke persoon verstaan wat die proses behels voordat toetsing plaasvind en hulle is ook byderhand wanneer die uitslag van die toetse konfidensieel aan elke individu bekend gemaak word.

Lanquedoc-plaas het sewentig permanente werkers, maar sommige van die werkers se vroue wou ook aan die projek deelneem en altesaam 99 mense het hulself vrywillig laat toets. Diegene by wie ander gesondheidsprobleme opgetel is, kry reeds die nodige mediese sorg.

Indien daar ander plase is wat ook aan hierdie projek wil deelneem, kan hulle Diane Evans, Projekkoördineerder van die Plaasgesondheidprojek, by 021-886 5994 kontak.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za