SHANÉ CARLSEN van Gimnasium Hoërskool was ’n lid van die SA span by die 2009 FISAF Junior Fitness Sport Aerobics Championships wat in Pretoria gehou was.
Sy het ’n algehele vierde plek behaal en sal haar Protea-kleure by vanjaar se nasionale kampioenskappe ontvang wat in Augustus gehou sal word.