Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2010-07-08


HJS EN GIM SE OU-MANNE SLAAGS

Hoër Jongenskool en Hoërskool Gimnasium se ‘Old Boys’ pak mekaar binnekort in die jaarlikse Paarl Old Boys’ Classic (POBC).

Sport-aktiwiteite neem plaas voor die hoofwedstryd van Interskole (op Saterdag 31 Julie), waarin oud-leerlinge van HJS en Gim teen mekaar te staan sal kom. Die program is as volg:

* Aksie sport - Krieket, sokker en netbal word gespeel by die Paarl Aksie Sport-arena op Dinsdag 20 Julie om 19:00.

* Rugby - Die ‘Golden Oldies’ en die ‘Old Boys’ pak mekaar by Gim se velde op Woensdag 28 Julie om 19:30 en 20:30.

* Gholf - Die gholfstryd vind plaas by die Paarl Gholfklub op Donderdag 29 Julie.

Alle ondersteuners, vriende en belangstellendes is welkom.

Kontak Conradie Burger by 082-552-3975 of e-pos conradie@polka.co.za.

SCHOOL SOCCER AND NETBALL IN MBEKWENI

The newly build Mbekweni Community Sports Centre will host a Back-to-School soccer and netball tournament for the Mbekweni youth today from 09:00. The day will comprise of soccer and netball for u.13s and u.17s, as well as an open age netball game. Entertainment will be provided by a local pantsula and hip-hop group, a dee-jay and the group By Faith. Organisers expect 150 players and 350 spectators.

MNR EN MEJ PAARL

Die Paarl Physical Culture Club en die jeug van die VGK Huguenot bied op 24 Julie die jaarlikse Wynland-liggaamsboukompetisie aan waar Mnr en Mej Paarl en Mnr en Mej CYM Huguenot in die Strauss-saal aangewys word. Die tema is: Reinheid, fiksheid en gesondheid bou karakter. Liggaamsbouers van oral word uitgenooi. Kaartjies kos R20. Kontak AC Adams by 071-178-0578 of Belinda Solomons by 083-701-2673.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za