Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Villagers speel klaar met Kuilsrivier

Villagers speel klaar met Kuilsrivier
 
2010-07-08


PNIEL VILLAGERS het die naweek voortgebou op die goeie vertonings die afgelope paar weke, deur Kuilsrivier met 20-17 af te stof.

Soos die telling aandui, was dit ’n baie gelykop-wedstryd. Die groter honger vir sukses deur die tuisspan het uiteindelik toegelaat dat hulle as oorwinnaars van die veld stap.

Eugene Francis het sy goeie vorm herwin en was gedurig ’n doring in die vlees van die besoekers.

Die Pniel-span se pak voorspelers het ook mooi saamgespeel, maar ’n bron van kommer was Villagers se skrumwerk. Nie minder nie as vier vaskoppe was in dié wedstryd afgestaan.

Teen rustyd was die tuisspan reeds 10-3 voor.

Puntemakers was Eugene Francis (1 drie) en Dimitri Noble (1 drie) en Stefanus Cedras (1 skepskop, 1 strafskop, 2 doelskoppe).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za