Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere staar relegasie in die gesig

Tiere staar relegasie in die gesig
 
2010-07-08

Jaco van Wyk

DIE vreugde van ’n oorwinning is ’n gevoel wat Paarl se hoogste geplaaste klubspan in die WP, Young Peoples Rugbyklub, nog nie vanjaar kon beleef nie.

Met twaalf wedstryde reeds agter die blad in die Super B liga, waarvan elf aan die verloorkant en een gelykop, lyk dit of die Tiere hul plek aan die onderkant van die punteleer reeds bespreek het vir die res van die seisoen, met die gevolg dat hul heel moontlik volgende jaar in ’n laer liga sal moet meeding.

Maar ’n mens kan nie help om effens jammer te voel vir Peoples nie, aangesien hulle nooit rêrig deur hul opponente gestoomroller was nie.

Die tien ligapunte wat Peoples tot dusver vanjaar ingesamel het, sonder ’n enkele sege, getuig beslis van hul veggees. Geluk was eenvoudig nog nie vanjaar aan die Tiere se kant nie.

Die afgelope Saterdag was geluk weer eens teen die Tiere, met Hands & Hearts wat naelskraap die pyp met 26-23 gerook het.

Die rustydtelling was 19-15 vir die wenspan.

Peoples se driedrukkers was Garth Lewis, Bjorn Julies en Francois Julies, met Dominic Daniels wat 1 doelskop en 2 strafdoele bygevoeg het.

) Eerskomende Saterdag kom Young Peoples teen Kuilsrivier te staan in ’n wegwedstryd.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za