Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vertrou jou finansiële adviseur

Vertrou jou finansiële adviseur
 
2010-07-08


"DIT is jammer dat ons finansiële adviseurs as gevolg van sommige adviseurs, wat hulself nie volgens die neergelegte reëls en regulasies van die FSB (Financial Service Board) behoorlik bekend gestel en ge-openbaar het nie, moet ly onder die wantroue-sindroom wat geskep is.”

So sê Anton Bartman, Besturende Finansiële Adviseur van PFA-Makelaars (FSB no 11078).

“Behoorlike beleggingsbeplanning met ’n risikoprofiel-ontleding, identifiseer ’n kliënt se beleggings-behoeftes. Wanneer ’n adviseur nie hierdie vereistes nakom nie, het hy die FSB-reëls oortree en kan die belegger hom by die FSB rapporteer.”

’n Risikoprofiel-ontleding bepaal of die kliënt ’n konserwatiewe, versigtige of aggressiewe belegger is.

’n Persoon sonder surplus-kapitaal het ’n konserwatiewe of versigtige beleggingsprofiel en moet wegbly van sy toeganklike verbandkapitaal en hoë-risiko beleggings: ’n Mens leen nie geld om te belê nie.”

Ná die skep van ’n noodfonds en aftreevoorsiening word bepaal of daar enige surplus-kapitaal oorbly. Slegs hierdie surplus-kapitaal (waag-kapitaal) behoort vir spekulasiedoeleindes aangewend te word.

Maak seker dat ’n adviseur die volgende neergelegte FSB-prosedures volg alvorens jy luister na sy beleggings-voorstel:

* Openbaarmaking en Bekendstelling - is die adviseur geakkrediteer en onder die FSB-lisensie geregistreer?

* Beleggingsbeplanning - word daar ’n noodfonds geskep en aftreevoorsiening gemaak alvorens enige surplus-kapitaal-berekening gemaak word?

* Risikoprofiel-ontleding - is jy geïdentifiseer as ’n konserwatiewe, versigtige of aggressiewe belegger?




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za