Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Soektog na Paarlse spog-Shiraz

Soektog na Paarlse spog-Shiraz
 
2005-09-22


DIE soektog na die Paarl se blinkste Shiraz ster het afgeskop en inskrywings vir die Paarl Shiraz Uitdaging sluit môre.

Die kompetisie – waarin lede van Paarl Wijnbouers vir die negende keer met dié kultivar kragte meet – word vanjaar met die ondersteuning van Santam aangebied.

Wie vanjaar met die hoogste louere gaan wegstap, is totaal in die hande van die Shiraz kenners wat op 12 Oktober vir die beoordeling gaan sorg.

Die wenner sal op Vrydag 21 Oktober tydens ‘n middagete by Laborie bekend gemaak word.

Altesaam 31 van die streek se Shiraz-wyne het verlede jaar aan die kompetisie deelgeneem en Ridgeback se 2002 Shiraz het koning gekraai.

Vorige wenners van die Paarl Shiraz Uitdaging sluit Avondale, Domaine Brahms, Fairview en Glen Carlou in.

Belangstellendes kantel 863-4886, faks 863-4883 of paarl@wine.co.za kontak.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za