Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streekliga: Vineyards word gejaag

Streekliga: Vineyards word gejaag
 
2010-07-08


NADAT Vineyards naelskraap vasgeval het teen Windmeul twee weke gelede, was hulle die afgelope naweek terug op die wenpad met ’n oortuigende 31-3 oorwinning teen Young Standards.

Die manne in maroen, wat steeds stewig bo-aan die punteleer lê, het halftyd met 17-3 voorgeloop, met Brendan van Schoor en Rico Davey in goeie vorm.

Vineyards II het 25-8 gewen en Vineyards III het 10-12 vasgeval.

* In ’n fees van drieë, het Laer Paarl Rugbyklub Saterdag ietwat van ’n opskudding veroorsaak in die Paarl Streekliga, toe hulle vir Allandale met nege drieë afgestof het, op laasgenoemde se agterplaas.

Stormlope deur Donnie Fredericks, John Johnson en Randey Hill het vir Blues deurgaans op die voorvoet gehou, in hul 64-18 sege.

Agterlangs het Delwayne Carolissen en Gueren Kulsen ook telkemaal die oog getref.

Blues III het ook geseëvier (26-0), maar die derde span van Laer Paarl het hard slae gekry teen Allandale se derdes (0-51).

* In nóg ’n kragmeting waar die drieë soos haelkorrels neergestort het, het Albions vir Pêrel United met 67-0 verslaan. Albions het altesaam 11 drieë ingeoes en die rustydtelling was reeds 50-0.

Albions se tweede span het 38-5 gewen en die derde span het 38-0 gewen.

Albions hou volgende week sy algemene jaarvergadering te Bethelsaal om 19:30.

* Windmeul United het Saterdag self ’n kragtige vertoning gelewer, om vir Violets met 43-21 te slag.

Windmeul was rustyd met 19-6 die voorlopers.

Windmeul en Violets se tweede-spanne het met 17 elk gelykop gespeel, terwyl Violets III met 13-10 koning gekraai het.

* Laastens het Riverstones Rugbyklub sy aanspraak op liga-glorie lewend gehou deur Simondium net-net met 28-27 te troef.

Riverstones II en III het onderskeidelik met 22-5 en 20-0 geseëvier.

WEDSTRYDBEPALINGS: (10 Julie) Gardens vs Windmeul (Gardens Park); Violets vs Laer Paarl (Daljosafat-stadion); Allandale vs Young Standards (Dal A); Vineyards vs Riverstones (Dal C); Simondium vs Albions (Dal B).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za