Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe afslaer by Nederburg Wynveiling

Nuwe afslaer by Nederburg Wynveiling
 
2010-07-08


’n NUWE afslaer neem die hamer vanjaar vir die eerste keer op by die 36ste Nederburg Wynveiling. Hy is Anthony Barne, ’n spesialis-wynafslaer van die Britse veilingshuis Bonhams.

Bonhams, ’n Londense maatskappy met ’n voetspoor in 25 lande, word gesien as een van die wêreld se oudste en grootste afslaers van kuns, wyn en antieke meubels.

Anthony, Britse hoof van wyn by Bonhams, se kundigheid in die opveil van skaars en uitgesoekte wyne komplimenteer die Nederburg Wynveiling se kernfunksie as ’n platform vir die verkoop van gesogte Kaapse wyne.

“Suid-Afrikaanse wyne was nog altyd deel van my lewe,” sê hy. “Ek is opgewonde om hierdie jaar betrokke te wees by die veiling en hoop dat ek so dié wyne nog beter kan leer ken.”

Vanjaar se veiling wat op 3 en 4 September gehou word, bied 5 720 kiste van 157 wyne, insluitend ’n reeks uitgesoekte ou wyne van die 1970s, ter herdenking van die veiling se ontstaan in 1975.

Kopers wat bestaan uit dranklisensiehouers, restauranteienaars, kos- en drankaankopers vir hotelle, gastehuise en wildplase, asook supermark-kleinhandelaars, sal bie op ’n verskeidenheid wyne van 80 deelnemers van verskillende handelsmerke, landgoedere en wynkelders.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za