Dankie aan luisteraars
2010-07-08
HIERMEE wil ek, Unita Abrahams-Pretorius (beter bekend as die “Koraalvrou”), net baie dankie sê aan al my luisteraars so ver as wat Radio KC opvang, wat so getrou na my geluister het elke Donderdagoggend 10:00 tot 11:00 en Sondagaande 19:00 tot 20:00 vir al jul ondersteuning die afgelope vier jaar. Ek wil u net gerusstel dat, hoewel ek nie meer op die lug is as omroeper nie, ek nog steeds besig is met motiveringspraatjies en projekte en dat u my enige tyd kan kontak vir hulp. Ek kan gekontak word by 021-862-1156 of 072-188-5685 vir raad en hulp. Die Here seën - jou waarde is ver bo korale. Unita Abrahams-Pretorius
More
News
|