Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkgewer se optrede: Loerbroer sal jou raaksien

Werkgewer se optrede: Loerbroer sal jou raaksien
 
2010-07-08


DIS baie hartseer wanneer ons sien hoe voorheen benadeelde werkgewers hulle werknemers hanteer ten spyte van die nuwe verbeterde Arbeidswette van Suid-Afrika.

Ek verwys na bekende plaaslike ondernemings (lees bruin en swart eienaars) wat hulle nie steur aan die toepassing van die LRA (Labour Relations Act) en die BCEA (Basic Conditions of Employment Act) nie.

By die een onderneming is ’n werker net gesê om ontslagpapiere te kom teken omdat daar kwansuis nie meer werk was nie. Hierdie betrokke werker sou net ’n weeklikse loon ontvang sonder enige verdere uitbetalings (skaamtelose uitbuiting).

Dit wys duidelik dat die nuwe eienaars van besighede van kleur verander het, maar dat die uitbuiting en misbruik van arbeid dieselfde is as in die ou Suid-Afrika.

Die hartseerste is wanneer hierdie eienaars hulle voorstel as “comrades” net om die volgende oomblik werkers se regte te ontken en vertrap.

Van hulle het die vermetelheid om te sê hulle het nie “gestruggle” om arm te wees nie maar neem deel aan die “crass materialism” en “dog eat dog” operasies. Hulle is daarop uit om so gou as moontlik skatryk te word ten koste van die massas omdat hulle uit voeling is met wat op die grond aangaan.

Hulle laat werkers gaan, maar hulle winste vermeerder. Hulle lieg en bedrieg en gee nie om of dit onder eed is nie. Hulle is vriende met mense wat dieselfde arbeidswette oortree en sien nie meer die verskil tussen menslikheid en uitbuiting nie.

Die volgende gebeur nog steeds in ons mooi vallei:

Werkers word as casuals aangestel vir lang tydperke en word onderbetaal. Daar word met jou gepraat asof jy ’n slaaf is van die eienaar.

Werkers word betaal om te spioeneer op mekaar. Verhogings word net gegee as die eienaar in ’n goeie bui is of dit word selektief toegepas. Die eienaar koop nuwe erwe, motors, besighede maar hulle werkers ly.

Hierdie nuwe eienaars van besighede maak een ding baie duidelik: dat kleur nie ’n rol speel nie, maar wel geld en dit maak nie saak hoe dit bekom word nie.

Die werkers in die vallei moet wakker skrik en opstaan teen dié onregverdige behandeling.

Ons nuwe vyand is nie meer apartheid nie, maar hierdie “nuwe” base wat hulleself voorstel as mense wat omgee, maar dieselfde taktiek gebruik as die ou regime.

Vir diesulkes: onthou ons verlede. “If you are a big tree we’ve got a small axe ready to cut you down.” Big brother is watching you!

Big Brother




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za