Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ek soek antwoorde

Ek soek antwoorde
 
2010-07-15


OWERHEDE sowel as private instansies geleë te Paarl en Wellington, is besig om uitmekaar te val, want ongeletterdheid, korrupsie en die blatante weiering om trots vir hul werk te hê is aan die orde van die dag.

Aan die polisie te Paarl en Wellington: Hoekom werk daar mense wat nie ’n woord kan verstaan wat ek sê nie, as ek na julle toe bel? Hoekom werk lede in die aanklagkantoor met hul klein kindertjies wat agter hulle aanhardloop? Hoekom sit hulle en gesels en ignoreer lede van die publiek?

Aan die plaaslike kettingwinkels: Hoekom is die prys van ’n blik koffie in Noorder-Paarl R40, maar by ’n tak in die middedorp, is dieselfde blik koffie R45? Wil julle bekostigbare besigheid doen, of wil julle die publiek besteel en biljoenêrs raak?

Teleurgesteld




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za