Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Parys begrafplaas bly gevaarlik

Parys begrafplaas bly gevaarlik
 
2010-07-15


OP Vrydag 2 Julie was ek en ’n vriendin ongeveer 16:00 by die Parys begraafplaas, om op my kind se graf blomme te plaas met sy verjaarsdag.

Die blomme was reeds gerangskik, so die plan was om dit net vinnig neer te sit en weer in die motor te klim (weens die gevaar van aanranding daar.)

My ander kind is nege jaar gelede oorlede, en in die tussentyd is van sy vriendinne aangeval toe hulle die graf gaan besoek het.

By my kinders se grafte sit ’n hawelose jongman van so ongeveer 20 jaar oud en rook.

Weens vorige gevaarlike ondervindings, het ons na die kantoor teruggery en een van die werkers gevra om ons te vergesel na die graf.

Daar aangekom, sit hierdie man nog steeds doelloos by die graf. Klere lê ook daar rond, waaruit ek aflei dat daar gereeld mense daar is.

Die munisipale werker vra hom baie beleef “Broer wat maak jy hier?” Hy sê hy sit maar net daar.

Hy word toe gevra om te loop, want ons wil graag by die graf kom. Hy gee nie pad nie en bly sit en kyk vir ons.

Ek moes hom verwilder, want hy het ook nie vir die munisipale werker geluister nie.

Ek het teruggegaan na die kantoor en ’n klag gaan indien by die hoof van die begraafplaas.

Hy het my meegedeel dat hy nie die bergies mag verwilder nie, sy hande is afgekap. Hy het reeds gerapporteer dat daar onwelkome karakters daar rondlê, maar nog geen reaksie gehad nie.

Ek sukkel al tien jaar om my kind se graf te besoek. Kan die munisipaliteit nie ’n sekuriteitsfirma in diens neem om die orde te hou nie?

Ek is seker daarvan, met die menigte grafte is daar baie vroue soos ek wat nie hul geliefdes se grafte kan besoek, weens die gevaar daar nie.

Die polisie doen blykbaar patrolliewerk, maar baie selde. Dit help ook nie - ons het voltyds sekuriteit daar nodig.

Die haweloses gebruik nie die hek om in die begraafplaas te kom nie, hulle klim deur die betonmuur, waar stukke verwyder word.

Terwyl ek daar was, het ’n hele klomp vroue en mans deurgestap, wat nie daar hoort nie. Hulle slaap ook daar.

Ek vra ook, hoe kan die amptenaar bygestaan word om die plek te beveilig?

Emmerencia Smit




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za