Nog ’n motor by stasie gesteel
2010-07-15
NOG ’n motor is vandeesweek by die Huguenot-stasie gesteel. Salvador October het Maandagoggend oudergewoonte sy donkergroen Ford Tracer in die parkeerterrein van die stasie geparkeer om 06:00, waarna hy per trein werk toe gegaan het. Met sy terugkeer was daar geen teken van sy voertuig nie. Die motor het ’n duik aan die regterdeur. Daar het wel ’n ander motor in die plek gestaan waar sy Ford geparkeer was. Die eienaar hiervan het gesê dat hy reeds om 07:45 sy motor daar parkeer het. October wonder nou hoe niemand iets kon raaksien daardie besige tyd van die oggend nie. Die October-egpaar is desperaat om hul motor terug te kry en doen ’n beroep op lede van die publiek met inligting om in aanraking te kom met die Paarl polisie by 021-807-4000. * ’n Groot hoeveelheid elektriese kabels is onlangs opgegrawe en gesteel op die plaas La Roche buite Franschhoek (die nag van 20/21 Junie). ’n Voertuig is vermoedelik gebruik om die kabels ter waarde van sowat R150 000 uit te trek. Enigeen met inligting kan insp Leon Boonzaaier van die Franschhoek polisie skakel by 021-876-8066 of 083-469-6079.
More
News
|