Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesteelde goedere gevind

Gesteelde goedere gevind
 
2010-07-15


Die Paarl polisie is tans oorlaai met gesteelde goedere waarop daar onlangs in die gebied beslag gelê is. Onder andere is ’n verdagte onlangs in Chicago in die besit gevind van ’n Sahara skootrekenaar wat hy in ’n Sanlam rugsak gedra het. Op die rekenaar is daar foto’s van Franschhoek, asook Fleur du Cap Landgoed. ’n Samsung S760 digitale kamera is verlate in Kiewietstraat gevind. Op die kamera is foto’s van ’n matriekafskeid wat vermoedelik verlede jaar gehou is, asook van ’n Wêreldbeker wedstryd by Kaapstad-stadion. Nog ’n sak goedere (bo) is verlate gevind, dié keer in Symphonylaan. Binne in die sak was ’n versameling militêre gedenkgoedere soos medaljes, horlosies en borsspelde. Dan het die polisie ook onlangs op grillerige goedere afgekom, toe hulle grafsteenkruise van staal verlate gevind het. Op die een kruis verskyn die naam John Klaasen en op ’n ander Alexander Mbenenge. Hierdie kruise is waarskynlik in ’n kerkhof gesteel en was onderweg na ’n skroothandelaar. Enigiemand wat die goedere positief kan identifiseer as hul eiendom kan vir Sandile Mekana skakel by 877-5900.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za