Oud-polisieman weer in die moeilikheid
2010-07-15
’n BEKENDE oud-polisieman van die Paarl is verlede week weer in hegtenis geneem, dié keer nadat hy na bewering die plofstofwet oortree het. Nardie Groenewald is deur die Darling polisie vasgetrek in die besit van die dwelm Tik, asook agt groot klappers wat vasgebind was. Dit is steeds onseker waarvoor die ‘ploftoestel’ gebruik sou word, maar volgens die polisie is die klappers in ’n uiters gevaarlike toestel omskep. Groenewald is vantevore aangekla van die besit van dwelms, huisbraak en die steel van brandstof, maar kry dit keer op keer reg om as vry man uit die hof te stap. Ondersoekbeamptes is briesend omdat hy ná die jongste voorval, op borgtog van slegs R700 vrygelaat is, juis omdat daar uitstaande sake teen hom is. “Keer op keer stap hy maklik uit die hof en sy vervolging duur nie lank nie. Ons kan nie help wonder of hy deur oud-kollegas beskerm word nie?” “Of draai die wiele van die gereg maar net so oneffektief dat, terwyl die beweerde misdadiger op borg vry is, hy kan voortgaan met sy skelmstreke?” is aan die Paarl Post gevra.
More
News
|