Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


ANC-raadslid in die sop

ANC-raadslid in die sop
 
2010-07-15


‘n ANC-raadslid is Maandag ná ’n dramatiese jaagtog deur polisie in hegtenis geneem.

Johannes Thomas, raadslid vir Gouda, word aangekla van verkragting.

Dit kom nadat ’n 43-jarige plaasvrou, ’n kankerleier, beweer dat sy ’n geleentheid op die Hermon-pad gesoek het om haar dokter op Wellington te besoek.

Volgens haar verklaring aan die polisie het ’n man in ’n blou Toyota Tazz stilgehou en haar ’n geleentheid aangebied. Kort hierna het hy met sy motor uit die pad gedraai en tussen bosse stilgehou.

Dis hier waar sy verkrag is, het die getraumatiseerde vrou aan die polisie gesê. Na die voorval het die Thomas glo voorgegee dat niks gebeur het nie, en haar in die middedorp van Wellington afgelaai.

Die vrou is in ’n geskokte toestand dadelik na die Wellington polisiestasie om ’n saak van verkragting aanhangig te maak.

Sy kon vir polisiebeamptes ’n duidelike beskrywing gee van haar aanvaller en sy motor, asook bouplanne wat agter in die motor gelê het. Die polisie het dadelik die hulp van die honde-eenheid ontbied, asook omliggende polisiestasies in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir die verdagte.

Die motor is later in Daljosafat opgemerk en Thomas is na ’n jaagtog vasgetrek.

Dié ANC-raadslid, is voorheen betrek by ’n saak van verkragting. Hy het ook vantevore met die gereg gebots toe hy aangekla is van die aanranding van ’n vroue-kollega by ’n Swartland-pompstasie. Altwee hierdie sake is later teruggetrek.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za