Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Evergreens wen oortuigend

Evergreens wen oortuigend
 
2010-07-15


EVERGREENS het Saterdag gewys waarvan hulle gemaak is deur al drie hul wedstryde oortuigend te wen teen Bloues van Malmesbury.

Die eerste span het ’n groot 46-22 sege behaal, in ’n wedstryd wat in goeie gees gespeel is. Die dissipline aan beide kante was ook uitstekend.

Evergreens se driedrukkers was Anwill Philander (3 drieë), Samuel Jacobs (1 drie), Adriaan Jacobs (1 drie), Niklaas Barends (1 drie) en Llwellyn Swartz (1 drie).

Randall Geldenhuys was in die kol met vier doelskoppe en een strafdoel.

Evies se derde span het 24-10 gewen en die tweede span het 39-0 gewen.

Evergreens speel Saterdag weg teen Newtons.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za