Roses United en Wellington trap albei klei
2010-07-15
Jaco van Wyk
BEIDE Premierliga-spanne van Wellington, Roses United en Wellington Rugbyklub, het Saterdag hul moses op ’n ander man se veld teëgekom. Terwyl Roses United, die huidige liga-voorloper, met 9-16 die knie moes buig teen Saldanha, het Wellington 14-22 vasgeval teen Rawsonville. Al Roses United se punte is aangeteken deur Divan Roems (drie strafdoele). Wellington se Nickus Berg het ook drie strafdoele aangeteken, terwyl Bernie Hugo ’n drie vir sy span behaal het. Eerskomende naweek pak Roses vir Rawsonville.
More
News
|