WP fietsryers toon staal
2010-07-15
DIE afgelope naweek se Eric van Enter Skole Fietsrybyeenkoms by die Gariepdam in die Vrystaat was weer eens gekenmerk deur goeie vertonings. Plaaslike ryers wat vir die WP-span deelgeneem het, was Bradwin Daniels, Damien Vaughn, Mogammat Abrahams, Melvyn Carolissen, Alexander Parsons en Ashleigh Parsons. Daniels (All 4 Security) het sy veelsydigheid getoon deur ’n tweede plek te behaal in die kriterium o.16-wedren. Hy het ook ’n 4de plek behaal in die 80km padwedren, wat bestaan het uit 101 ryers. Damian Vaughn (o.14) het ’n 4de plek behaal in die padwedren oor 40km. In die dogters o.10 kriterium-wedren het Ashleigh Parsons van Paarl Fietsryklub ’n eerste plek behaal. Ryers gaan die volgende twee maande hul fokus verskuif na die Suid-Afrikaanse Baankampioenskappe wat op 2 Oktober in die Velodrome gaan plaasvind.
More
News
|