Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere trek groot menere plat

Tiere trek groot menere plat
 
2010-07-15

Jaco van Wyk

UITEINDELIK! Net toe dit wou voorkom of Young Peoples dié seisoen segeloos sou afsluit, gaan staan hulle en speel soos die begeesterde Tiere wat hulle werklik is.

So gebeur dit toe dat die span heel onder aan die punteleer met 32-20 seëvier teen Kuilsrivier - ’n span wat lê in die boonste helfte van die punteleer.

Ná 12 onsuksesvolle probeerslae tot dusver vanjaar, was dit ook hoog tyd dat die Tiere ’n sege behaal in die Super B-liga van die Westelike Provinsie. Maar maklik was dit nie in Kuilsrivier se agterplaas nie.

Peoples was rustyd 13-17 agter en om inhaalrugby te probeer speel op ’n ander man se veld is nie maklik nie.

Gelukkig vir Peoples het Dominic Daniels sy skopskoen saamgebring en sy span in die wedstryd gehou met ses strafdoele.

Daniels het ook twee drieë verdoel, wat gedruk is deur Bjorgen Julies en Francois Manuel.

Eerskomende Saterdag meet Peoples kragte teen Collegians op die Faurestraat-stadion.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za