Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liga-leiers stamp koppe op Dal

Liga-leiers stamp koppe op Dal
 
2010-07-15

Jaco van Wyk

’n GROOT koppestamp wag Saterdag op die Daljosafat-stadion, wanneer die huidige liga-voorlopers, Vineyards Rugbyklub, te staan kom teen die manne wat tans die hardste in hul nekke blaas, Albions.

Met 58 ligapunte (ná 15 wedstryde) lyk dit op die stadium nie of Vineyards vanjaar hul plek bo-aan die punteleer vinnig gaan prysgee nie. Hulle het juis Saterdag een van die liga se groot perde, Riverstones, met 16-8 geklop (lees meer op bladsy 18).

Maar Albions was nog altyd ’n buiteperd en het dié seisoen met elke wedstryd verbeter.

Albions lê tans op 40 punte ná 12 wedstryde.

Albions het die tweede posisie op die punteleer Saterdag by Riverstones oorgeneem, ná hulle die afgelope naweek vir Simondium met 35-0 afgeransel het.

Albions se tweede span het 24-0 gewen en Albions III het 19-0 gewen.

In ’n taai kragmeting het Young Standards vir Allandale net-net met 13-11 geklop.

Standards se tweede- en derde spanne het egter meer gemaklike oorwinnings behaal, deur onderskeidelik 17-5 en 25-0 te wen.

Laer Paarl en Violets was in net so ’n gelykop-stryd gewikkel, met eersgenoemde span wat uiteindelik die knoop met 14-13 deurgehak het.

Laer Paarl II en III was egter nie so gelukkig nie, en moes die knie buig met 0-3 en 0-14 teen hul eweknieë van Violets.

Windmeul United het ’n gemaklike 22-10 oorwinning oor Young Gardens behaal, met Gardens II wat 11-8 gewen het en Gardens III wat 7-5 gewen het.

WEDSTRYDBEPALINGS: (17/07/2010): Albions vs Vineyards (Daljosafat-stadion); Riverstones vs Allandale (Dal A); Standards vs Violets (Dal C); Gardens vs Laer Paarl (Gardens Park); Pêrel United vs Simondium (Dal D).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za