HJS en Gim se ou-manne slaags
2010-07-15
Hoër Jongenskool en Hoërskool Gimnasium se Ou Manne pak mekaar volgende week in die jaarlikse Paarl Old Boys’ Classic (POBC). Sport-aktiwiteite waarin oud-leerlinge van HJS en Gim teen mekaar te staan sal kom, vind plaas in die week voor Interskole (Saterdag 31 Julie). Die program is as volg: * Aksiesport (krieket, sokker en netbal) word gespeel by die Paarl Aksie Sport-arena op Dinsdag 20 Julie om 19:00. * Die ‘Golden Oldies’ en die ‘Old Boys pak mekaar by Gim se rugbyvelde op Woensdag 28 Julie om 19:30 en 20:30. * Die gholfstryd vind plaas by die Paarl Gholfklub op Donderdag 29 Julie. Alle ondersteuners, vriende en belangstellendes is welkom. Kontak Conradie Burger by 082-552-3975 of conradie@polka.co.za vir navrae.
More
News
|