Jeugorkes van België tree op
2010-07-15
DIE Jeug- en Musiekorkes van Antwerp, België, onderneem vanaf 18 Julie tot 2 Augustus ’n toer na die Wes- en Suid-Kaap. Die orkes word allerweë beskou as een van Europa se beste jeugorkeste. Hulle tree op 23 Julie op in die Endlersaal op Stellenbosch om 20:00 onder leiding van Ivo Venkov met Yossif Ivanov as solis. Die program sluit in Valse Sacrée deur die Vlaamse komponis Frédéric Devreese, Johannes Brahms se Vioolkonsert in D Op. 77 en Dmitri Shostakovitsch se Simfonie Nr 5 in d Op. 47. Kaartjies is R95 en R75 by Computicket.
More
News
|