VLV byeen
2010-07-15
’n INTERESSANTE vergadering waar die hoof van elektrisiteit by die Drakenstein Munisipaliteit, Jan Coetzee, die spreker is, word Woensdagoggend 21 Julie om 09:30 deur die VLV Klein Drakenstein aangebied. Die vergadering is by die saal van die ou Klein Drakenstein Laerskool. Daar sal nog ’n spreker wees wat lede meer sal leer van rekenaargeletterdheid en media soos Facebook, Twitter en Google. Alle belangstellendes is welkom en navrae kan gedoen word by Hermien du Plessis by 021-863-2344 of by 082-874-2460.
More
News
|