Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Anna Davel tree Vrydag op

Anna Davel tree Vrydag op
 
2010-07-15


OP Vrydagaand 16 Julie tree sangeres Anna Davel in ’n program by Rhebokskloof op waarin sy gunstelingmusiek uit haar repertoire die afgelope tien jaar sal sing.
Saam met haar op die verhoog is onder andere die talentvolle jazz pianis Ramon Alexander.

Anna se eerste album is vrygestel in 2000 en tien jaar later sing sy nog steeds die land aan die brand. Daar word tans fluks geskryf aan ’n nuwe album vir volgende jaar.

Natuurlik sal daar ook ’n paar ou gunstelinge deel maak van die program.

Die program sluit ook musiek in van haar nuutste CD ‘Linger Longer”, wat bestaan uit Jazz Swing musiek soos voorheen opgeneem deur Frank Sinatra, Nat King Cole en afgestof en opgejazz is deur Anna in samewerking met Matthys Maree op klavier.

Hierdie jaar is Anna ook te sien in die trefferproduksie Afri-Frans, sowel as twee films wat open in teaters landwyd in die tweede helfte van die jaar, naamlik “Liefling - die Movie”, en “Die verhaal van Susannah van Biljon.”

Ete word bedien vanaf 18:30 tot 20:00. Die vertoning begin om 20:15. Kaartjies is R225 (ete ingesluit). Bespreek op www.rhebokskloof.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za