Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bea van der Vyver in kabaret

Bea van der Vyver in kabaret
 
2010-07-15


DIE sangeres en aktrise Bea van der Vyver keer terug na die Wes-Kaap met optredes van haar kabaret ‘Handsak van Beton’. Sy is op 23 Julie om 18:30 op die planke by Kleinevalleij in Wellington.

Die sketse handel oor vroue wat op hul manier die spreekwoordelike stuk beton in hul ‘handsak’ moet saamsleep.

So is daar Sandra die boervrou wat sukkel met ’n man wat haar nie waardeer soos sy voel hy moet nie, Getruida wat ’n oorlog teen haar gewig voer en Elizabeth wat vir haarself ’n sprokieswęreld skep.

Die sketse word afgewissel met liedere uit die pen van Van der Vyver asook meer bekende nommers. Sy word begelei deur Stephan Bezuidenhout op klavier, Altus Moolman op tjello en Suzaan Strauss op perkussie.

Sy het reeds twee albums, Feniks en Tussen die duiwel en die diep blou see opgeneem.

Kontak Hannes by 021-873-0075 of by 072-915-2226.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za