Marathon tennis-sessie beplan
2005-09-22
SESTIEN lede van die Paarl Tennisklub gaan Saterdag hul stamina op die baan beproef.
As deel van ’n fondsinsamelingsprojek gaan die spelers poog om vir 12 ure lank kompeterende tennis te speel tydens die Mica Paarl Tennismarathon.
Die eerste balle sal reeds om 07:00 gedien word. Groot trekpryse is ook op die spel en lootjies sal teen R10 verkoop word. Sosiale wedstryde sal ook vanaf 14:00 gespeel word en almal is welkom.
More
News
|