Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Huguenot VGK trek terug na vergrote kerkgebou

Huguenot VGK trek terug na vergrote kerkgebou
 
2010-07-15


NÁ byna drie jaar se gewerskaf , is bouwerk aan die kerkgebou van Huguenot VGK byna voltooi en sal die vergrote gebou hierdie week weer in gebruik geneem word.

Die aanbouing aan die gebou het afgeskop met ’n sooispit-seremonie op 13 Oktober 2007.

Sedert die ontstaan van die gemeente, het die geweldige groei in lidmaatgetalle die gemeente genoop om eredienste in die kerksaal (die Strauss-saal), wat groter is, te hou. Onder leiding van gemeentelede (bouer Patston von Willingh, bouprojekbestuurder Barnard Hardine) en onder die wakende oog van die huidige leraar, ds Freddie Ayford, is die gebou sodanig vergroot dat die kapasiteit byna verdubbel het.

Saam met die vergroting is die binnekant gemoderniseer en met moderne tegnologie toegerus terwyl die outentieke voorkoms tog behoue gebly het.

Die voltooiing van die projek word vanaand om 19:00 gevier met ’n Heringebruiknemingsdiens wat begin by die Strauss-saal en dan verskuif na die kerkgebou.

Sondag om 09:00 is die eerste erediens in die nuwe kerkgebou. Om 15:00 word die dankdiens (in die kerkgebou) waargeneem deur die Moderator van die VGK. Die gaste sluit in leraars van omliggende VGK-gemeentes, hooggeplaastes uit die gemeenskap, asook die burgemeester.

Alle gemeentelede word uitgenooi om deel te wees van hierdie groot geleentheid in die geskiedenis van die kerk, waarvan die hoeksteen in 1961 gelê is.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za