Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afrikaanse drama op die planke

Afrikaanse drama op die planke
 
2010-07-15


DIE produksie Mis deur Reza de Wet (’n voorgeskrewe werk vir matrikulante) is van 19 tot 23 Julie en 26 tot 30 Julie te sien by die Ou Meul-teater met bekende akteurs Esther von Waltsleben, Jan-Hendrik Opperman, Stephanie Hough en Vicky Stemmet.

Dit is 31 Augustus. Die wind huil om die hoeke van ’n armoedige huisie. Van veraf kom die klank van sirkusmusiek. Om die kombuistafel is drie vroue wat elkeen haar eie vrees probeer besweer.

Gaan daar weer dié jaar, soos die vorige jare, ’n meisie in haar spierwit aannemingsrok verdwyn?

Die vroue is benoud - maar glo dat die dominee en ouderlinge wat heelnag bid die onheil sal besweer.

Skielik is daar ’n klop aan die deur. Dit is ’n onbekende, blinde konstabel wat aanvoer dat hy ’n ogie oor hulle kom hou.

Sal dié konstabel hulle kan beskerm teen die boosheid van die nag?

Die regie is behartig deur Gaerin Hauptfleisch.

Mis is te sien Maandae, Dinsdae en Woensdae om 19:30 en Donderdae en Vrydae om 09:00, 11:30 en 19:30.

Koste is R60 of R40 vir groepe van 20 of meer. Kaartjies kan bespreek word by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za