Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions eindig seisoen sterk

Albions eindig seisoen sterk
 
2005-09-22


AS daar nou een klub is wat vanjaar voortdurend gekompeteer het vir die ligatitel, dan was dit Albions Rugbyklub.

Dit was dan ook heel gepas dat dié klub Saterdag op Daljosafat Stadion sy laaste ligawedstryd in die Eerste Divisie oortuigend gewen het - en dit teen die liga-naaswenners.

Albions se 22-14 sege oor Valsbaai het die kroon gespan op ’n baie goeie seisoen.

Die spelers het die wedstryd opgedra aan die stut, Edgar Arendse, wat ná die seisoen sy stewels ophang.

Die tuisspan het vroeg in die wedstryd amper punte gekry toe Strafred Geldenhuys (flank) deurbars vir ’n drie, maar net voor die
doellyn gekeer word.

Valsbaai antwoord met twee mooi drieë om 14-0 die voortou te neem.
Albions het egter nie gaan lê nie, en danksy inklimspel deur hul voorspelers neem hul stelselmatig beheer oor.

Dit gee Jenovan Cornelissen die nodige gaping en hy storm deur die verdediging vir sy drie om die rustydtelling 14-5 te maak.

In die tweede helfte het die skopvoet van Jacques Hendricks (heelagter), tesame met die windvoordeel, die tuisspan telkens geleentheid gegee om Valsbaai te laat omdraai.

Dit is dan ook Hendricks wat by twee geleenthede vir Newin Dennis (vleuel) weggestuur het om te gaan druk.

In die lynstane het die plaasvervanger-haker, Marlin Papier, en slot Morné Goetham mekaar goed gevind.

Die plaasvervanger-skrumskakel, Evan Prins, het ook gewys dat hy ’n opwindende nuwe talent is.

’n Drie deur die plaasvervanger-flank, Hendrick Kunené, nadat hy 40m ver genael het, het Albions van ’n bonuspunt verseker.

Hendricks was in die kol met die doelskop om sy span van ’n agtpunt-sege te verseker.

Dennis is as speler van die wedstryd aangewys.

Albions II en III verloor 30-3 en 15-0.

Albions se derde plek op die Divisie Een punteleer is danksy hul 64 ligapunte. Primrose wen die liga met 74 punte, en Valsbaai lê tweede met 68.

Young Peoples (50) het die seisoen in die vierde plek afgesluit, terwyl Paarl Rugbyklub (37) en Franschhoek (33) onderskeidelik sesde en sewende geëindig het.

Die klub speel op 30 September in die Super 4-kompetisie.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za