Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gevaar op sportvelde

Gevaar op sportvelde
 
2010-07-22


AS administrateur van ’n Paarlse rugbyklub wil ek graag beswaar aanteken teen die gehalte van rugbyvelde op die Daljosafat ­sportterrein en meer spesifiek die C-veld.

Dit is hoogs gevaarlik en total onaanvaarbaar en slegs varke sal gelukkig wees om in so ’n modderbad te baljaar.

Daar is geen dreineringstelsel nie en die bietjie gras wat daar is, word nie eers versorg nie.

Langs die B- en D-veld loop ’n oop sloot met ’n sterk stroom water en dis na my mening net ’n kwessie van tyd voordat ’n kind in daardie stroom meegesleur gaan word.

Oor die kleedkamers wil ek nie eens praat nie, ook nie die terrein binne waar toeskouers hul motors parkeer of die totale gebrek aan beskutting vir toeskouers op die buitevelde nie.

Spandeer die Drakenstein Munisipaliteit miljoene rande op omheining om mense buite te hou of om eerder te verhoed dat mense sien hoe die sportgronde van binne lyk.

Of is dit die Drakenstein Munisipaliteit se beleid om eerder geld aan ‘event companies’ te gee om programme vir juniors aan te bied eerder as die gehalte van die sportgeriewe te verbeter?

Ek sien die opgradering van sportgeriewe in Wellington-omgewing wel as positief. Ironies egter is die feit dat die Paarlse rugbyklubs meer as R30 000 per jaar moet betaal vir die gebruik van die sportgeriewe in die Paarl-omgewing, maar dat hierdie tarief nie vir ander dorpe in die Drakenstein munisipale gebied geld nie!

Bekommerde administrateur

Die munisipale woordvoerder, May Carolissen, reageer: Dit sal die Raad ’n addisionele R5 miljoen kos om die sportterrein op te gradeer. Die Raad is van mening dat die toestand van die terrein ook ’n gevolg is van oor-gebruik van die velde. Daar sal met verskillende rolspelers vergader word om die gebruik van die sportvelde te koördineer.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za