Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl sector 5 meeting

Paarl sector 5 meeting
 
2010-07-22


DIE Wellington polisiestasie het Sondagaand byna onder skoot gekom, toe ’n rumoerige groep betogers daarop toegesak het.

Dit kom nadat ’n man in hegtenis geneem is ná ’n aanval op ’n Somaliër die vorige week.

Die Somaliër het ’n klag by die polisiestasie ingedien teen Brian Valentine (20), kort nadat verskeie aanvalle op buitelanders plaasgevind het.

Tydens die beweerde aanval is verskeie huishoudelike items gesteel vanuit die woning in Calenistraat, Carterville.

Valentine, ’n buurman van die slagoffer, is uitgeken as een van die verdagtes en die polisie het hom in hegtenis geneem.

Maar Sondag was die gort behoorlik gaar toe sowat 25 mense op die polisiestasie toegesak het en aangedring op Valentine se vrylating.

Die groep is later uitmekaar gedwing deur die polisie en geen verdere inhegtenisnames is gemaak nie.

* Sowat 120 buitelanders gaan steeds tuis in die saal by Antoniesvlei in Bainskloof, ná verlede week se aanvalle op individue en winkels.

’n Woordvoerder van die Munisipaliteit, May Carollissen, het gesê dat die vlugtelinge daar sal tuisgaan totdat die munisipaliteit hul integrasieproses voltooi het om mense terug te plaas in die gemeenskap.

* A crowd of protesters confronted police at the Wellington police station after a man was arrested for stealing from a Somalian during a xenophobic incident.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za