Leefstylkalender
2010-07-22
* Boeremusiek. Die Boeremusiekgilde hou op 30 Julie by Laerskool Noord-Eind ’n dans met die orkes van Danie Willemse vanaf 20:00. Kaartjies is R25 (R35 vir nie-lede). Skakel Ciceel by 083-346-7083. * Veiling. ’n Oudhede-veiling word op Saterdag 24 Julie in die Toringkerksaal aangebied om 10:00. Besigtiging is Vrydag 10:00 tot 17:00. * Senior praatjie. Paarl Medi-Clinic bied op Woensdag 28 Julie om 10:00 ’n gratis praatjie oor mond- en tandveranderinge by ouer persone in die klein saal van die NGK Paarlvallei as deel van hul program vir seniors. Die spreker is tandarts De Wet Louw. Kontak Jacorie Visagie vir besprekings by 021-807-8131. * Reis. Dana Snyman en Klopjag span vanaand om 20:00 saam om die gehoor by die Bôrdienghuis-teater op reis te neem na ’n wêreld van agterpaaie, gastehuise, klein kroegies en vreemde dorpies. Kaartjies is R100 by 072-115-2913. * Debutante. Die VGK Bet-El gemeente hou hul jaarlikse debutantefunksie op 31 Julie om 18:00 by die Allandale-saal. Die tema is World Cup 2010. Kaartjies is R150 per persoon. Vir navrae, kontak die kerkkantoor by 021-868-1732. * Konsert. Koos Kombuis, Dowwe Dolla, Niël Rademan en Natalia da Rocha is slegs ’n paar van die sterre wat by die heel eerste Rock vir die Angels Liefdadigheidskonsert gaan optree vanaand om 19:00 in die Stellenbosch stadsaal ten bate van die Rachel’s Angels Mentorskapfonds. Kaartjies is R100 by die deur of by Jill Beukman 021-914-2818. * Fairytale. Delvera will have live children’s theatre this Sunday at 12:00. Spectrum Productions transport children to a magical fairytale world in Avonture vir TV-land. Parents can either join in the fun, or leave the children watching the play in a safe and supervised environment while they browse through the many arts and crafts shops on the farm. Tickets are R40. Contact Delvera on 021-884-4352. * Workshop. The Drakenstein Art Society invites you to join them for a fun evening at their monthly workshop on Thursday 29 July at 19:00 at the Breytenbach Centre. This month’s theme is Wire and Beadwork and is hosted by a professional wire artist. Entrance is free. RSVP at 082-575-3292.< * Praise and worship. The Church of the Annunciation presents a praise and worship service on Sunday at 17:30. Claudine Rooks will be the preacher. Everyone is welcome. Contact John Luvan at 021-845-511.
More
News
|