Rangers klop Gardens in taai derby
2005-09-22
DIE manne van Paarl Rangers kon Saterdag net-net daarin slaag om in ’n baie gelykop derbywedstryd vir Young Gardens 15-14 te klop.
Heinrich Pretorius en Tino Prince het Gardens se drieë gedruk, met Prince wat ook met twee doelskoppe geslaag het.
Die wenspan se drieë is deur Eugene Stevens, Norman Kermis en Lee Blaine gedruk.
Rangers het skoon skip gemaak deur die tweede span en derde span wedstryde 13-11 en 20-5 te wen.
Pieter de Villiers, afrigter van vanjaar se seëvierende o.21 Springbokke asook die nuut aangestelde afrigter van die nuwe Suid-Oos-Kaap Super 14-span, was ook Saterdag in aksie vir Gardens se veterane-span.
Rangers het ook in dié stryd 15-5 koning gekraai.
More
News
|