AD/HD-ondersteuningsgroep vergader
2010-07-22
DIE AD/HD-Ondersteuningsgroep vergader op Woensdag 4 Augustus om 18:00 die laaste keer in 2010 by die Cheve-klubhuis. Dr Gert van Niekerk, psigiater in privaatpraktyk in Paarl, praat oor verskeie aspekte in die hantering van die aandagtekort en/of hiperaktiwiteitversteuring (attention deficit and/or hyperactivity disorder). Toegang is R10 per persoon. Bespreek by Retha van Wyk by 021-872-5620.
More
News
|