Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doodskis op wiele ry voort

Doodskis op wiele ry voort
 
2010-07-22

Lise Beyers

“DOODSKIS op wiele” het verkeersbeamptes verlede week geskok gelaat toe hulle die minibustaxi van die pad getrek het in Daljosafat.

Beamptes op patrollie het gesien hoe die taxi skuins trek en het die bestuurder beveel om van die pad af te trek.

Die bestuurder is beveel om onmiddellik sy dienste te staak en die voertuig eers te herstel voordat hy voortgaan met sy besigheid.

Maar later die middag let dieselfde verkeersbeamptes die onpadwaardige taxi op in Jan van Riebeeckrylaan terwyl dit passasiers vervoer.

Weer is die taxi van die pad afgetrek, maar hierdie keer is dit na die toetssentrum in Daljosafat geneem vir ’n volle evaluasie.

En hier het die skok eers werklik deurgedring toe die voertuig deur inspekteurs gefynkam is.

Daar is gevind dat die taxi se agterremstelsel nie werk nie, sy ligte onklaar is, die sitplekke nie vasgebout is nie en die vloer verkrummel weens roes.

Verder is daar verskeie onreëlmatighede met die enjin vasgestel, wat hewig olie lek.

Dan ook het die handrem los gelę langs die bestuurder se sitplek.

“Kortliks,” vertel ’n verkeersbeampte, “is die voertuig totaal en al onpadwaardig en ’n ernstige gevaar vir enigiemand wat gebruik maak hiervan.”

Nog ’n skok het op hulle gewag, toe hulle uitvind dat die motor net ’n maand gelede ’n padwaardigheidstoets geslaag het by ’n toetssentrum in Butterworth in die Oos-Kaap.

“Ons kan nie verstaan hoe dit kon plaasvind nie. Die onpadwaardigheid van die taxi het nie oornag plaasgevind nie, maar mettertyd. ’n Maand gelede sou dit presies in dieselfde toestand gewees het as wat dit nou is.”

Die taxi se padwaardigheidsertifikaat word nou opgeskort en die voertuig sal eers aan die eienaar terugbesorg word wanneer hy eienaarskap van die motor kan bewys en ’n boete betaal het.

Dan sal hy die taxi ten volle moet herstel voordat dit weer op die pad kan beland.

“Maar dikwels word hierdie taxi’s net teruggeneem na die Oos-Kaap en die eienaar bekom weer ’n bedenklike padwaardigheidsertifikaat. Dan word die voertuig se kleur eenvoudig verander en hy is terug op ons paaie.”

* Traffic officers were shocked at the state of a minibus-taxi which they pulled off the road in Dal Josaphat.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za