Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vragmotor ploeg byna in fabriek in

Vragmotor ploeg byna in fabriek in
 
2010-07-22

Lise Beyers

CHAOS het Saterdag geheers in Daljosafat ná ’n botsing tussen ’n motor en ’n vragmotor.

Twee mense is ernstig beseer en die vragmotor het byna tot binne in die fabriek van ’n bekende ingenieursmaatskappy geploeg ná ’n botsing in Jan van Riebeeckweg.

Die voorval het om ongeveer 13:00 plaasgevind toe die bestuurder van ’n vragmotor van Anderson Transport in die rigting van die Paarl gery het.

Volgens ooggetuies het 'n BMW-motor wat in die teenoorgestelde rigting gery het, voor die vragmotor beland, waarna die vragmotor uitgeswaai en deur die heining van HG Molenaar Ingenieurswerke geploeg het.

Hierna het die vragmotor teen ’n boom en geparkeerde motor tot stilstand gekom.

Twee insittendes van die BMW is ernstig beseer.

Die tienjarige Kelly Carelse, leerder van Drakenstein Laerskool, se regterbeen is gebreek, en haar pa, William Alkaster, is in die motor vasgepen.

Hy moes met hidrouliese toerusting deur reddingswerkers uit die wrak gesny word. Hy het ook ’n gebreekte arm en albei het veelvuldige kneusings op hul liggame. Hulle word in Paarl Hospitaal behandel.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

Jan van Riebeeckweg was in dié omgewing vir ’n geruime tyd gesluit terwyl die toneel opgeklaar is.

Die Paarl-Oos polisie ondersoek ’n saak van roekelose bestuur.

* Two people were injured when a truck and a car were involved in a collision in Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za