Rugbykuier saam met Toks
2010-07-22
DIE bekende oud-Springbokrugbyspeler Toks van der Linde is die gasheer tydens ’n fondsinsamelingsfunksie vir die Durbanville kinderhuis op 24 Julie te Rhebokskloof Wynlandgoed. Hy is hul beskermheer. Saterdag 24 Julie om 11:00 sal die bekende RSG omroeper, Johan Rademan, die Drienasies-wegwedstryd tussen die Springbokke en Australië, regstreeks uitsaai op die grootskerm.Toks sal ná afloop van die wedstryd kommentaar lewer. Daar sal ook ’n spitbraai gehou word en ’n kontantkroeg is beskikbaar. Die koste van die dag is R300 per persoon. Daar is ook tafels van tien teen R3 000 per tafel. Kontak vir Elsa Botha of Johanna Strauss by 021-975-6822 of ebotha@durbanvillekinderhuis.co.za vir navrae of besprekings.
More
News
|