Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kursus vir kelners suksesvol voltooi

Kursus vir kelners suksesvol voltooi
 
2010-07-22


DIE eerste groep studente wat die Breytenbach-sentrum se opleidingskursus vir kelners suksesvol voltooi het, het onlangs hul sertifikate ontvang tydens ’n funksie in die Bôrdienghuis, die sentrum se teaterkafee.
Die opleidingskursus vir kelners is deel van ’n omvangryke bemagtigingsprogram wat deur die sentrum van stapel gestuur is om mense van Wellington en omgewing te bevoordeel.

Die kursus, wat oor ses maande gestrek het, is aangebied deur twee ervare fasiliteerders, Annalise Schoeman en Estelle Coetzee.

Die kursus het gesorg dat die voornemende kelners nie alleen ’n goeie teoretiese kennis van die werk van ’n kelner opgedoen het nie, maar ook ruim geleentheid gekry het om te sien hoe die beroep in die praktyk beoefen word.

Tydens die kursus het elke student praktiese ervaring opgedoen deurdat hulle as deel van hul opleiding by restaurante in en om Wellington diens gedoen het.

Altesaam twaalf studente het die eerste kursus suksesvol voltooi. Enkeles van hulle is reeds as kelners in die gasvryheidsbedryf aangestel.

Die volgende opleidingskursus vir kelners word vroeg in 2011 deur die sentrum aangebied. Meer besonderhede kan by 021-873-2786 verkry word.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za