Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington Rugbyklub onder top vyf in land

Wellington Rugbyklub onder top vyf in land
 
2005-09-22


DIT is amptelik - die Wellington Rugbyklub is die sterkste dorpsrugbyklub in die land.

Wellington is die vyfde beste rugbyklub in die land nadat hulle twee van hul drie wedstryde tydens verlede week se nasionale klubkampioenskappe gewen het. Die toernooi is deur die gasheerklub, Maties, gewen wat die Universiteit van Johannesburg (UJ) 24-13 in die eindstryd geklop het.

Die derde gekeurde span is Shimlas wat Wellington in hul tweede wedstryd 43-27 pak gegee het, met Durban Collegians in die vierde plek. Die top vier spanne is almal studentespanne.

Wellington het die Pukke in hul derde wedstryd 25-19 (16-7) geklop.

Die Bolanders het vier drieë teenoor die Pukke se een gedruk.
Louw Schabort (2), Pieter Terblanche en Frankie Horne het in die doelgebied gaan kuier, terwyl Adolf Stoffberg met ’n strafdoel en doelskop geslaag het.

“Dit is ’n 100% verbetering oor verlede jaar,” het die klubvoorsitter, Dolf Stemmet, gesê.

* Die Wellington Rugbyklub hou sy bekeruitdelingsfunksie op 14 Oktober om 19:00 by Hoërskool Hugenote. Navrae: Dolf Stemmet 083-303-0960.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za