Bea van der Vyver in kabaret
2010-07-22
DIE sangeres en aktrise Bea van der Vyver is te sien by Kleinevalleij in Wellington op 23 Julie om 18:30 in haar kabaret ‘Handsak van Beton’. Die sketse handel oor vroue wat op hul manier die spreekwoordelike stuk beton in hul ‘handsak’ moet saamsleep. Die sketse word afgewissel met liedere uit die pen van Van der Vyver asook meer bekende nommers. Van der Vyver word begelei deur Stephan Bezuidenhout op klavier, Altus Moolman op tjello en Suzaan Strauss op perkussie en agtergrondstem. Van der Vyver het reeds twee albums, Feniks en Tussen die duiwel en die diep blou see, opgeneem. Kontak Hannes by 021-873-0075 of by 072-915-2226.
More
News
|