IN die aanloop tot Interskole bied Boishaai ’n manne-aand met sanger Mallies le Roux aan op Vrydagaand 23 Julie.
Mallies het reeds vier CD’s op sy kerfstok en het bekendheid verwerf met trefferliedjies soos Boere-yuppie, Wie se hande en Auckland Blues. Dit kan ook gehoor word op agt kompilasie-CDs saam met groot name soos Dawid Kramer, Bok van Blerk, Anton Goosen, Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis en Valliant Swart.
Mallies was ook al ’n gereelde gas op programme soos Maak-’n-Las, Pasella, Geraas en vertel tussen sy musiek ook skreeusnaakse stories. Sy sosiale kommentaar word deesdae wêreldwyd op die internet gehoor.
Moenie dit misloop nie, want die volgende een is dalk eers weer oor vyf jaar! Die konsert vind Vrydag om 19:30 by HJS se skoolsaal plaas. Kaartjies is R200 en sluit ’n driegang-maaltyd met wyn in. Bepreek by Richard Visagie 083-742-0229 of Uschi Ruthard 021-872-2875 of uruthard@paarlboyshigh.org.za.