Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dwelms is nie 'cool' nie

Dwelms is nie 'cool' nie
 
2005-03-17


DWELMS is nie ‘cool’ nie. Dit is nadelig vir jou liggaam en sal jou net skade aandoen. Kies op ‘n vroeë ouderdom jou vriende reg en bly weg van dwelms.”

So het ‘n gevangene, Clifford Sense (21), vandeesweek aan graad agt leerders gesê tydens ‘n anti-dwelmdag wat deur die polisie aangebied is by Noorder-Paarl Sekondêr.

Clifford, wat alreeds op sestienjarige ouderdom die tronk betree het, dien tans ‘n nege jaar termyn vir gewapende roof. Hy het gepraat oor die gebruik van dwelms en wat dit aan jou doen, asook die gevare wat die verkoop van dwelms vir jou kan inhou.

Hy het aan die leerders gesê dat hy op ‘n jong ouderdom kennis gemaak het met die naarheid van dwelms en het so daarin verval dat dit moeilik was om daaruit te kom.

Daar was ook ‘n vertoning deur ‘n polisie-snuffelhond wat gewys het hoe hy dwelms uitsnuffel.

‘n Assistent Provinsiale Kommissaris, René Ogle, het leerders gevra om saam te staan en hulle te verset teen dwelms en dwelmhandel.
Enige persone wat inligting rondom dwelms wil bekom of enige saak wil rapporteer, kan die Paarl SAPS kontak by 807-4000 of noodlyn 10111.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za